Sondag môre alleen op straat
Sondag môre word ek wakker
Met 'n kopseer wat glad nie wil bedaar.
Die bier tydens brêkfis was nie sleg nie,
Toe drink ek nog een vir die naar.
Toe blaai ek deur die klere in my kas
En haal my skoonste vuil t-hemp uit.
Was my gesig en jel my kuif
En strompel trappe af die dag gemoet.
Die aand van tevore het ek my brein berook
Met sigarette en melodieë wat nog altyd by my spook.
Maar ek steek my eerste aan en sien 'n kind
Met 'n blik speel waaraan hy skop.
Toe stap ek oor die straat
En kry die Sondag-reuk van iemand wat
hoender braai.
En Heer, dit neem my terug na iets wat ek
Iewers op 'n manier verloor het.
Sondag môre op 'n sypad,
Wens ek Heer om hoog te wees.
Want daar is iets aan 'n Sondag
Wat mens so alleen laat wees.
En dis byna net soos doodgaan
Só eensaam is die klank
Van die slapende stad se sypad
En Sondag môre alleen op straat.
In die parkie is 'n Pappa
Met 'n laggende klein dogtertjie wat swaai.
En ek stop langs 'n Sondagskool
En luister na die liedjies wat daar draal.
Stap verder af in die straat,
En iewers veraf klink die beier van 'n klok,
En dit eggo deur die kranse
Soos drome wat wegraak in die niet.